English

Hierdie artikel het betrekking op Studente.

  

Ingeskrewe studente

Jou gebruikersnaam word geaktiveer sodra jy as student registreer, vir die betrokke jaar. Jy hoef dit nie meer self te aktiveer nie. Indien jy nie registreer nie sal dit verval teen einde Maart.

 

Internasionale studente

Kontak die ITHUB.

 

Belangrik !!!

  • Jou gebruikersnaam en wagwoord is jou toegang tot jou eie konfidensieele inligting, hanteer dit met die nodige verantwoordelikheid.
  • Moet nooit jou wagwoord vir iemand uitgee nie.
  • Wees versigtig vir spyware wat jou wagwoorde kan “hack”.
  • Verander jou wagwoord ten minste elke drie maande.
  • Kies 'n wagwoord wat kompleks genoeg is sodat ander dit nie maklik kan uitvis nie. bv. met alpha en numeriese karakters

 

Hoe kan jy jou wagwoorde verander / sinkroniseer?

  • Gebruik die Kliënte Administratiewe Stelsel.
  • Kies die "Sign on" opsie
  • Teken aan met jou IT gebruikernaam en die gepaste wagwoord.
  • Selekteer die "Password Change" opsie.
  • Indien jy jou wagwoorde wil sinkroniseer, vul die sigblad in met die relevante inligting. Vul asb ook die persoonlike vrae in, want dit gaan help om jou te identifiseer indien jy jou wagwoord in die toekoms vergeet. Nadat alles volledig ingevul is kliek op "Update".
  • Indien jy jou wagwoorde afsonderlik wil verander gaan na die "Advanced" opsie.

 

Wat gemaak as jy jou wagwoord vergeet het?

  • Gebruik die Kliënte Administratiewe Stelsel.
  • Kies die "Forgot password" opsie
  • Verskaf jou gebruikersnaam en antwoord jou vier persoonlike vrae.
  • Indien dit nie wil werk nie moet jy persoonlik aanmeld by jou betrokke RGA hulptoonbank,
    Belangrik: Jy moet 'n bewys van jou identiteit saamneem. (studentekaart, ID dokument, rybewys of paspoort)

 

Navrae in verband met gebruikersname en wagwoorde moet aan jou RGA se hulpdienste gerig word.

 

Sleutelwoorde:

 

Benodig u verdere hulp?

 

Verwante Onderwerpe

...

 

VVVs

...

 

Kontakte

IT Studente Dienssentrum

IT Dienssentrum

 

Voorstelle vir verbeterings van hierdie artikel

 

Terug na:

IT Studente Dienste

IT Ondersteuningstuisblad